Struktuur

Die gemeenskap en vriende van Orania word uitgenooi om deel te word van Die Besigheidsklub wat ontwikkelingsmoontlikhede op Orania ondersoek en ondersteun.

Orania Kleinsake Ontwikkelings Koöperasie word gestig met Die Besigheidsklub as gesamentlike band. KSOK neem aandeelhouding vanaf die gemeenskap in vir die ontwikkeling van besighede. KSOK neem ook lenings in vanaf aandeelhouers om te belê in Groeikas.

Groeikas is ‘n privaat maatskappy wat besit word deur die Orania Sakekamer en KSOK. KSOK belê sy fondse in Groeikas wat sal handel as die kleinsake ontwikkelings instelling. Groeikas belê sy fondse in lae tot medium risiko langtermynbeleggings en bied dit as sekuriteit vir leners.

Broeikas is die privaat inisiatief wat :
1. Al die bogenoemde instellings bestuur en bedryf.
2. Die skakeling tussen die entrepreneur en Groeikas hanteer.

Broeikas sluit diensooreenkomste met KSOK, Die Besigheidsklub en Groeikas om die beplanning, bestuur en bedryf van die instellings te hanteer.